Jacques de la PORTE (vandag bekend as DELPORT) van Ryssel (Lille), was 'n Franse Hugenoot wat in 13 April 1699 aangekom het op die Cattendyk met sy vrou Sara VITOUT met wie hy in Oktober 1698 getrou het. Hulle het Nederland op 10 Des 1698 verlaat. Hy was 'n landbouer in Drakenstein, hy besit ook van 1721 tot 1733 die plaas Ontdekkers- vlei naby St. Omar, Daljosafat. Hy is op 9 Desember 1739 oorlede. Hy het 3 seuns en 3 dogters gehad. Die van verander mettertyd na Delporte en later na Delport.