Waarskynlik familie?

Started by Frans van der Merwe Oosthuizen on Thursday, May 26, 2011
Problem with this page?

Participants:

Profiles Mentioned:

Showing all 11 posts
5/26/2011 at 2:03 AM

Ek wonder sommer of daar 'n skakel kan wees met hierdie Frans Jacobus Wilhelmus'se

MERWE Frans J.W., van der 1863-1956 & Maria M.E. ZANDBERG 1878-1963 (Het gedink dalk Kola se pa, maar die ma is te jonk! - maar dalk 2e vrou?)
http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=148775

MERWE Frans Jacobus, van der 1900-1965 & Elizabeth Maria B. DU TOIT 1901-1969
http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=148741

MERWE Frans Jacobus Wilhelmus, van der 1931-1975
http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=148775

5/26/2011 at 8:27 AM

Aha! Jy het hulle ook gekry :)

5/26/2011 at 8:32 AM

Dit maak sin dat oupa Kola se pa 'n Frans moet wees, want die tradisionele Europese manier van kinders name gee (oudste seun kry sy oupa se naam) sal dan verklaar dat jou oupa Frans gedoop sou wees. En verder behoort dié Frans (waarskynlik die ene geb. 1863) se pa weer 'n Jacobus sou wees.

5/26/2011 at 8:57 AM

Ja, ek wonder of Maria Zandberg dalk 'n tweede vrou kon wees, sy was 15 jaar jonger as hy!

5/27/2011 at 2:23 AM

Hierdie is dalk maria se ouers - op Kenhardt
http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=149737

6/1/2011 at 3:24 AM

My ma my laat weet and dit wel kola se pa was, en maria was sy 3e vrou! Weet nog nie wie was sy ma.

6/2/2011 at 6:46 AM

Ja, van hierdie kant af ook bevestig. My ma (Elsa) het die volgende te sê:

Die grafsteen is van oupa Fransie, Kola se Pa, maar die vrou was sy 3de vrou Ouma Lenie, sy het 3 dogters by hom gehad. (Aunt Sophie, aunt Maria (Meraai) en aunt Hester - sy was met met 'n Mouton getroud)
Na oupa Kola se ma (Ouma Chrissie) se dood was oupa met 'n ander tannie getroud, ek weet nie wat haar naam was nie, maar hulle het 2 kinders gehad, aunt Bessie en oom Fanie, maar van hom weet ek baie min en na haar dood was hy met ouma Lenie getroud, ek kan haar nog redelik goed onthou - veral omdat sy ook so geklae het hoe 'n moeilike man oupa is. Ek moes seker so 5 of 6 gewees het, want ons het nog op Ou Biesies gebly, toe sy en Mamma sit en naaldwerk doen en sy vir Mamma sê toe sy na die middagrus wakker word was oupa net weg, hy het niks gesê nie, maar net opgestaan en gaan stap,
"op die hitte van die middag, hy kan sonsteek kry" - in haar woorde. Waarop ek toe sê as my man so maak, sal ek agter die deur met 'n sweep staan en wag tot hy inkom en dan sal ek hom 'n goeie pak slae gee - die twee vroue het hulle uit hul nate gelag vir my opmerking.
So in kort "she was'nt even related to us", alhoewel ek nog lank kontak gehad het met haar een dogter aunt Meraai van Brandvlei, sy het nog toe sy al in die 80s was by ons kom kuier in Monte Carlo gebou, Pappa het nog van haar fotos geneem - sy het nog maklik die trappies opgeklim en vir my gesê ek hoef nie haar arm vas te hou nie, sy is nog "redelik sterk om op my eie klaar te kom"

6/2/2011 at 2:29 PM

Interrisant!!

Was Fanie en Bessie nie dalk man en vrou nie? Kyk bietjie hier:
http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=148741

Ek sal die res nog bietjie opvolg!

Nog geen idee wie Frans se ouers was nie? Ek het al probeer soek met kombinasies van Jacobus Wilhelmus, for Frans J. W., maar nog niks seker gekry nie. Ek vermoed iewers gaan daar van Niekerks en/of de Wets betrokke wees....

Groete,

6/4/2011 at 3:41 PM

Hendie,

Ek is dalk moontlik hier heel van die pad af, maar dink daar is tog iets om na te kyk...

1) Langs Frans is 'n graf van 'n Carel Petrus vd Merwe, wat byna ewe oud is en groot dalk 'n broer kan wees:
http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=148729

2) Met bietjie gesoek kom ek toe af op Carel Petrus Wihelmus van der Merwe, 1831 - 1893.
http://www.cilliers-stamboom.co.za/f99.html#f478
en graf:
http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=295475&&g2_...

Hierdie persoon was 32 toe Frans (Kola se pa) gebore was in 1863, PLUS, byde het "Wilhelmus" in hul naam - dalk meer as toeval?

Daar is so baie van der merwes, mens moet maar versigtig wees vir aannames, maar ek dink ek sal seker hierdie een bietjie verder probeer opvolg.

6/8/2011 at 4:54 AM

Hier is 'n "Frans Jacobus Wilhelmus van der Merwe" wat getroud was met 'n Pretorius. Hy was gebore in 1840 en getroud te Calvinia, 150 km van Brandvlei...

http://awt.ancestrylibrary.com/cgi-bin/igm.cgi?op=GET&db=flakey...

Hy was dus 23 met Kola se pa se geboorte. dalk Kola se oupa?

6/8/2011 at 1:04 PM

Kan wees, behalwe Maria kon weereens nie Kola se pa se ma gewees het nie (sy was 3 jaar oud met sy geboorte). Goeie werk! Maar lyk my ons sal moet aanhou soek ...

Showing all 11 posts

Create a free account or login to participate in this discussion