Pierre Rocher - Relationship to Johannes Jacobus Rocher 1886 - Born out of wedlock

Started by Colin Rocher on Wednesday, November 25, 2020
Problem with this page?

Participants:

Profiles Mentioned:

Showing all 2 posts
11/25/2020 at 6:41 AM

RDV Pienaar
rouspienaar@saarp.co.za
Somerset-Wes
Junie 2014

Dankie vir u e-pos en telefoonoproep vanoggend. Ek heg die Rocher-geslagsregister aan, maar daar is geen Johannes Jakobus Rocher * Tulbagh 6.11.1886 in nie, wel a1b5c1d6 Johannes Jacobus Rocher * St.Helenafontein 31.8.1885, † c.1943; × Heletje Gerstner.
Het sy pa a1b5c1, Pierre Rocher, die jaar daarna ‘n buite-egtelike kind verwek wat op Tulbagh gebore is? Of is u inligting verkeerd? Pierre Rocher (a1b5c1) is inderdaad die enigste manlike Rocher wat daardie tyd aan die Wes-Kus agtergebly het en as u voorouer beskou moet word. Die ander het almal reeds in die sestiger jare van die 19e eeu na Potchefstroom getrek.

Hoe het u oupa in S.W.A. beland? Was hy in die leër van die Unie van Suid-Afrika wat S.W.A. tydens die Eerste Wêreldoorlog binnegeval het? Het hy by sy ma of pa opgegroei? Die moontlike rede hoekom hy van sy pa as Pierre Gilliaume gepraat het, is omdat sy pa, Pierre was en sy oupa, Gilliaume. Dit bly vir my ‘n raaisel hoekom u oupa, Johannes Jakobus Rocher gedoop is, terwyl sy ouer half-broer, d6, Pierre se kind by sy wettiggetroude vrou, Johannes Jacobus Rocher gedoop was! Sou die goewernante, Nonnie Goldstone, dalk ‘n spesiale sagte plekkie in haar hart vir hom gehad het, en toe ook haar eie seun dieselfde naam gegee het ? Ons sal seker nooit weet nie. Ek hoop GISA kan vir u die doopgegewens by Tulbagh opspoor

11/25/2020 at 8:01 AM

This discussion is to obtain collective information, sufficient to link Johannes Jacobus Rocher to Pierre Rocher March 22, 1851 as a son.
I could not find sufficient evidence to support the link of Johannes Jacobus Rocher 1886 as son to Pierre Gill Francois Rocher

Showing all 2 posts

Create a free account or login to participate in this discussion