Anna Maria de Vos (Moller) - Two widows with same names married to two brothers?

Started by Pieter Wouter de Vos on Thursday, February 27, 2020
Problem with this page?

Participants:

Profiles Mentioned:

Showing all 2 posts

It appears that the two brothers Dirk de Vos 1798–1866 and Jacob de Vos September 20, 1799 - May 11, 1854, both married a second time, borth to an Anna Maria Möller. Dirk's wife (16 July 1812 - 11 February 1866) was the widow of Daniel Petrus van der Merwe and Jacob's wife (born ca 1807, parents unknown), was previously married to a Mr Malan.

Beide Rootsweb en GISA gee ’n Anna Maria Möller wed Malan (geb ±1807, sterfdatum onbekend) aan as Jacob (geb 20 Sept 1799) se tweede vrou, maar geen ander bron steun so ’n persoon nie. Ek kon geen bewys vind van die Anna Maria Möller (weduwee Malan) wat met Jacob de Vos getoud sou wees nie, wel dat Jacob se broer, Dirk, se tweede huwelik met Anna Maria Möller (weduwee Van der Merwe) was,
Volgens FamilySearch https://www.familysearch.org/tree/person/print-view/LR8W-D8Z is die korrekte inligting vir die weduwee Malan toe Helena Alberta Smit (1807–1891), dogter van Jacobus Hendrik Smit en Margaretha Wilhelmina Louw.. Sien ook www.wikitree.com/wiki/Möller-959
Dirk geb 1797, was getroud met Elizabeth Maria Hugo en met Anna Maria Möller wed Van der Merwe, volgens FamilySearch 16 Julie 1812-11 Feb 1866, dogter van Johannes Jacobus Möller, b4c1d10 en Elizabeth Hendrika Theron, b1c5d11e1, voor haar troue met Dirk getroud met Daniel Petrus van der Merwe.
Helena Alberta Smit (1807–1891) trou op 17 Januarie 1853 in Malmesbury met Jacob de Vos. Sy was op daardie stadium die weduwee van Daniël Johannes Malan (1803–1852) by wie sy 7 kinders het. Na Jacob de Vos se dood trou sy weer op 5 Maart 1855 met Jacobus Daniël van der Spuy (1800–1869) en op 17 Januarie 1870 met Gabriël Daniël Malan (1805–1893).

Showing all 2 posts

Create a free account or login to participate in this discussion