My naam is Coenraad Buys
Ek kom van Swellendam.
Die Brittes wil my beetkry en by die nek ophang
Beskuldig my van diefstal, opstook en hoogverraad
Ek wil die Xhosa aan die gang kry en die Britte huistoe jaag
Hulle se ek is n skelm, veedief en moordenaar
Ek sal dit liewer so stel ek is half mens, half maanhaar
Pasop vir jou osse en jou dogtertjies so ryp
As ek vir jou goed lus het sal ek dit alles netso gryp!
Ek konkel met die Xhosa... ek trou n koningin!
Vat vir my n boesmanvrou en n weghol kaap slavin!
Sestien donker virgins en vyftienduisend vee
Ek toring oor die landskap, ek lewe soos n leeu
En weet jy wat, ek like dit so om sonder wet te leef
Sonder stink van huigelaars wat na mag en rykdom streef
Die Xhosa van my oor Empire, oor kerk en kompanje
Ek se... daardie ouens ken ek en hulle vertrou ek nie...
Hoog in die lug
Sweef n valk
Op die wind verby
Verdwyn
In die mis
Oor kranse
Waar daar drakens bly
Die kaap maak my swartgalig
Al die reels en akker bou
Gaan elke Sondag kerk toe
G'n plek vir donker vrou
Ek sukkel daar met asemhaal
Die ekonomie gaan dood
Ek laai my wa vol kruit
Vat koers na die verre noord
Vyftien jaar... vyftien jaar... trek ons die vreemde in
Ek en my baster kinders
Die vroue wat ek bemin
Ons volg die olifante
Ons volg die awond ster
Op soek na Jerusalem
Maar die duine le te ver
Daar erens in die noorde tref ons n bose pes
En daar val my donker liefling
My beste swart princess
Ek wil nie langer leef nie
Met n hart wat soos jy pyn
Ek het my mense totsiens gese
En in die nag verdwyn
Hoog
In die lug
Sweef n valk
In die wind verby
Verdwyn
In die mis
Bo kranse
Waar daar drakens bly
Nou woon ek in die wolke
Ver bo die Soutpansberg
Ek watch die ouens daar onder, hulself vir my vererg!
Ek was ver die voorste trekker maar die volk se ek is sleg!
Weens lus vir donker vroue en verwerping van die reg!
So die volk het my begrawe terwyl liberals hande klap
O jaaa...
Hulle is ook bang dat Coenraad Buys sy vergetelheid ontsnap
Ek lag lekker op my wolkie
En my voue saam met my
Ek weet presies wie ek is
Maar se my
Wie is jy?
En laastens wil ek dankie se
Vir n hel soms sonder gaan
Vir n land wat wyd en oop was
En ek vry in die groot eensaam
Vir die sagte vel van vroue
En bloed wat volke jaaa...
My naam is Coenraad Buys
Ek kom van Afrika
O jaa... sowaar...
O jaa... sowaar...
Ek kom van Afrika...
O jaa... o jaa... .
O jaa... sowaar...
Ek kom van Afrika
O jaa... sowaar...
My 5th great uncle, and with him marring President Mandela`s Grgrgrandmother, the president becomes family of me. It helps to have family in high places.
It is good Johan and some what nostalgic
He Promised his people that he will return and they still awaits his coming at the foot of the Soutpansberg, calling themselves Buyse. (The founder of a nation)
oom Coen -my kleinneef, 6 geslagte ver - nou weet ek hoekom ek so deel voel van hierdie die aarde en so lekker kan riel :)
lief vir avontuur is wyd verspreid....Lees gerus ook Rian Malan se skrywes - http://www.politicsweb.co.za/opinion/dear-mr-malema...baie interessant !