Ek is onseker oor die sterfdatum van Andries Stephanus Scholtz hierbo. In al die bronne (ook die in Geni.com) word sy sterfdatum as 18 Jule 1936 aangedui. 18 Julie 1936 is egter die sterfdatum van sy derde vrou Susara Gertruida Badenhorst soos aangedui op haar sterftekennis waarop Andries Stephanus Scholtz as die OORLEWENDE eggenoot aangedui word. Op die oog af blyk die sterfdatum van 18 Julie 1936 miskien nie korrek te wees nie.
Ek kon tot dusver nog glad nie 'n sterftekennis of boedelverwysing vir Andries Stephanus Scholtz (1855 - ?) opspoor nie. Nie eers op die op die Nasionale Argiewe se databasis nie. Ek het ook al die alternatiewe spelling van "Stefanus" vir die tweede naam in die soeke gebruik.
Is daar miskien iemand wat meer sekerheid hieroor het.
Dankie Dries.
Dit klink meer realisties, maar steeds 'n groot toevalligheid (en effens verwarrend) dat hulle bykans op die dag na, presies 'n jaar uitmekaar oorlede is. Wat my aanvanklik verwar het, was dat Ian Scholtz in sy databasis beide se sterfdatum as 18 Julie gestel het.
Ek sal dus in my stelsel Andries Stephanus Scholtz (senior) se sterfdatum as 16 Julie 1937 aandui tot tyd en wyl ek alternatiewe bronne opspoor wat diit anders het.