Hallo Vivienne,
Hier is die inligting wat ek sover oor Harold Rowland kon kry. Ek het al die foto's van die passasierslyste,so as jy wil kan ek dit vir jou stuur met email
Harold Rowland gebore +/- 1874
1) In 1910 reis hy van Port Elizabeth op die skip Garth Castle en arriveer op 1 Junie 1910 in South Hampton, Engeland. Hy is toe 36 jaar oud. Dit lyk asof hy alleen gereis het
2) Op 20 Junie 1910 trou hy in St Laurance, Long Eaton, Derbyshire, England met Winifred Helen Deuchar. Hy is 36 jaar oud
3) In 1924 vertrek hy uit Durban op die skip Armadale Castle en arriveer in Southampton Engeland op 22 September 1924. Hy was toe 50. Sy vrou Winifred is saam met hom en sy was toe 47
4) In 1930 vetrek hy weer uit Kaapstad na Southampton op die skip Usaramo. Hy arriveer in Southampton 30 April 1930. Sy vrou Winifred was saam met hom
5) Op 19 Jul 1930 vertrek hy weer uit Southampton op die skip Adolph Woermann en reis na Kaapstad. Hy was toe 57. Sy vrou Winifred was saam met hom
Linda