Anna Hendrina van Jaarsveld, d4 - Anna Hendrina (Catharina) van Jaarsveld

Started by Jeannette Lizelle Rossouw on Tuesday, December 1, 2015
Problem with this page?

Participants:

Profiles Mentioned:

Showing all 4 posts
12/1/2015 at 11:42 PM

Hi Louis

Is jy 100% seker van Anna van Jaarsveld se tweede naam?

Volgens die rekords op MOOC8/44.6b, is Reynier van Jaarsveld se dogter Anna Catharina van Jaarsveld (en nie Hendrina nie).

Groete

Private User
12/6/2015 at 1:24 AM

Goeiemôre Jeanette

Die inligting het ek uit "Geslagregister van ou Kaapse Families":

c11 Rynier
gedoop: 8 Mar 1781, getroud: 13 Dec 1801 Petronella Bekker
d1 Helena Dorothea
gedoop: 9 Oct 1803
d2 Rynier
gedoop: 20 Oct 1805
d3 Helena Dorothea
gedoop: 11 Mar 1808
d4 Anna Hendrina
gedoop: 26 Aug 1810

Haar ouma was Anna Hendrina Olivier en ek vermoed sy is na haar vernoem was. Ek sien dat daar aan Reynier se profiel reeds 'n dokter met die name Anna Catharina gekoppel is (Anna Catharina van Jaarsveld). Ons kan miskien aanneem dat Anna Hendrina vroeg oorlade is en dat sy daarom nie in sy boedeldokumente genoem word nie.

Die doopboeke van Graaff-Reinet is ongelukkig nog nie op Familysearch beskikbaar die, anders kon ons haar daar gaan soek het.

So terloops, weet jy wie die veldkornet "Peter Adriaan Gouws M: son Zwarte Ruggens" is waarna daar verwys is in MOOC8/44.6b,?

Groete,
Louis

Private User
12/6/2015 at 1:37 AM

Dit is natuurlik ook nie onmoontlik dat Anna Hendrina en Anna Catharina dieselfde persoon was nie. In "Die Stamboom van Pieter Becker" (http://www.genza.org.za/index.php/en/publications-62725/family-regi...) word sy so aangegee:

[e3] Anna Hendrina VAN JAARSVELD (Anna Catharina VAN JAARSVELD) * 26/06/1809

12/7/2015 at 2:35 AM

Hi Louis

Ek vermoed ook dat Anna Hendrina en Anna Catharina dieselfde persoon is. Ek gaan oor Desember bietjie kyk of ek inligting kan bekom.

Huidiglik weet ek nie wie die veldkornet is waarna daar verwys word nie.

Groete

Showing all 4 posts

Create a free account or login to participate in this discussion