Johannes Gysbertus Roos, SV1-b10c2d1 - Vrouens van Johannes Gysbertus Roos a1b10c2d1

Started by Y. DROST, a1b2c2 on Friday, November 20, 2015
Showing all 10 posts

In Die Geslagsregister van Ou Kaapse Families word sy vrou aangegee as Maria Sophia MÖLLER.

Hul kinders is:-

Johannes Gysbertus

Magdalena Maria

Cecilia Jacoba

In Voortrekkerstamouers 1835 - 1845 word sy vrouens aangegee as Maria Sophia GROBLER en Aletta Helena VORSTER.

My vraag:- Is Maria Sophia MÖLLER en Maria Sophia GROBLER dieselfde persoon?

Landi my voorstel sal wees om beslis SK's of boedels of iets te kry.
Te veel foute het al ingesluip van die oorspronklike inligting af.
Grobler is my oumagroot aand ie Marnewick kant en Roos is Jan se familielyn.
Ek sal kyk wat sê die ander.
Dankie hoor.
Judi

Hierdie Johannes Gysbertus Roos was my groot groot oupagrootjie en was gebore op 2 April 1786 en vermoor op 17 Februarie 1838, was getroud met Maria Sophia Grobbelaar gebore 3 Maart 1785 en is ook vermoor op 17 Maart 1838 saam met haar een seun te Bloukrans. Die vrouename lyk deurmekaar maar van hulle pas by sy ma se name. Ek het nie die name van al sy kinders nie behalwe van Cornelius Johannes Roos (3/10/1813-2/1018830 my groot oupagrootjie en sy seun Johannes Gysbertus Marthinus Roos (26/06/1840 - 4/08/1935) my oupagrootjie. Ek hoop hierdie inligting help. Groete Francois Roos

Volgens familie oorgedraagde kennis is die Moller foutief, maar ek het nie dokumentasie om dit te staaf nie. Daar is baie kante aan 'n storie, ek stem saam met Judith, dit is beter om SK's of iets dergeliks te kry. Ek het 'n afskrif van die ROOS boekie van 1927 wat gedruk was vir die Roos fees te Elandsfontein, Lindley, vir 1927/28 asook vir die boekie van 1945, daarin word gesê dat die Moller foutief is. Ek kry maar meeste van my inligting van die web en familie ens, ek het bietjie inligting op Geni gesit maar opgehou toe ek besef dat ek nie dokumentere bewys het daarvan nie en ook omdat 'n ander ou sommer die inligting gevat en verander en vals goed by-gelas het.

Francois, dit is die selfde lyn waar ek ook vandaan kom, maar volgens my inligting is dit nie Maria Sophia Grobbelaar/Grobler wat dood is by Blaaukrans nie, maar 'n Aletta Helena Vorster, wat bleik dat hy weer getroud is na Maria Sophia Grobbelaar.

Volgens Voortrekkerstamouers 1835- 1845 deur Jan C. Visagie bladsy 428 is dit Aletta Helena Vorster, sy tweede vrou, wat by Bloukransrivier saam met hom vermoor is. Hy is in Beaufort met haar getroud op 6 JAN 1822.

Sy eerste vrou, soos genoem, word aangegee as Maria Sophia Grobler.

Die bronne wat hier aangehaal word is GTJ, 9/8/1838, no. 343; De V, p. 790; J. A. Heese-manuskrip, RGN-biblioteek, Pretoria; SAG 10, p. 27.

Dit lyk vir my dat Maria Sophia MOLLER 'n fout is in die Geslagsregister van ou Kaapse families. Stem julle saam?

Terloops, Nicolas, staan daar enigsens iets in jou boekies oor die Roos fees van 'n Maria Margaretha Roos wat met 'n Brooks getroud was? Haar eerste kind is om en by 1875 gebore. Maria Margaretha Roos is my grootoumagrootjie aan moederskant.

Sjoe julle, nou sal ons seker moet kyk na die SK's.
Ek sal ook probeer kyk, maar Nick die Roos boek behoort goed te help.
Op die net is baie dinge verkeerd a.g.v. menslike afleidings wat verkeerdelik gemaak is.
Al my bronne is dat hy wel getroud was met Moller en Grobbelaar/Grobler.
Ek sal ook in SAF kyk.
Kom ons maak net eers seker voor ons mense kwaad maak.☺
Groete
Judi

Landi, ek kry nie 'n BROOKS nie. Volgens my inligting as volg " d1 Johannes Gysbertus Roos ged. 2 Apr. 1786. getr. Maria Sophia Grobler ( Grobbelaar ) volgens " Theal, oude Kaapse Famielies deel 1 bladsy 279. " Theal deel 2, bladsy 156 (d) (1) lees dit Moller wat egter verkeerd is en moet lees Grobler ( Grobbelaar ) " So dit lyk vir my asof die heer Theal die sondebok is. Judi, die boekies wat ek het was gedruk en verkoop aan belangstellende familie lede vir fonds insameling om die " stam egpaar" Cornelis Johannes Roos en Anna Catharina de Wet se grafte op te knap op Elandsfontein, Lindley. Hulle word so genoem omdat hulle die enigste Roos'e was wat Blouwkrans oorleef het. Daar is 'n paar glipse op die net wat ek al opgetel het.

Hier is inligting wat jul die Testament kan gaan soek in die Kaapse argiewe.
GROBBELAAR, MARIA SOPHIA. WIFE OF JOHANNES GYSBERT ROOSCH. WILL.
Identifier: KAB MOOC_7/1/85_6_1
Start Date: 1817
End Date: 1817
Type and Form of Archive: Correspondence File
Repository: Cape Town Archives Repository
Name of Creators: MOOC

Dankie Marie Vermeulen-Boshoff. Dit is dan nou definitief ROOS

Showing all 10 posts

Create a free account or login to participate in this discussion