This is what I found on Rootsweb:
Volgens volume 4 van SA Familieregisters (die nuutste opvolger van SAG) is
André Philippus Brink (die wêreldbekende skrywer) se 'De Villiersnommer'
b11c4d3e9f1g1, terwyl Johan Godlieb Brink (gebore 1857) se 'nommer'
b2c1d1e6f2 is.
Baie verder in die boek op pp 140-141 en wel onder die afstammelinge van die 11de (elfde) kind van die stamvader, word die besonderhede van André
Philippus (alias André P.) BRINK (29.5.1935-) met sy vader, Daniël
(6.8.1905-25.10.1993) aangegee. André was die oudste van 4 kinders.
George Edwin BRINK is dus a1b2c1d1e6f2g6 en André P. BRINK by
a1b11c4d3e9f1g1.
Sy moeder (jou onderwyseres!) was Aletta Wilhelmina WOLMARANS, *16.10.1907 en oorlede (op die rype ouderdom van 99jr) 4.2.2007. Sy was 'n jong ondw van Bedford toe sy en haar man, Daniël BRINK, op 7.8.1933 in die NGK Bedford, distr Middelburg (K.P) getroud is.
So it seems Andre P Brink's de Villiers number is: b11c4d3e9f1g1
Maybe this can help?