Goeiemôre Judy
In die meeste primêre Suid-Afrikaanse bronne en vir sovêr ek dit kon bevestig byna alle sekondêre bronne word sy van konsekwent as Brommert geskryf. Daar is 'n aantal bronne wat om-en-om Brommer / Brommert gebruik. Op VOC Opvarenden, Gahetna, Wiewaswie en ook op Familysearch is die mees geindekseerde variant blykbaar Brommer, maar ook Brommert kom in al die bronne voor. Kan ons miskien bloot Brommer in die "Also Known As" veld gebruik?
Groete, Louis