In die 60's het Prof Kallie Heese 'n radio praatjie oor die herkoms van die verskillende vanne gehad en ook in die "Huisgenoot" artikels gepubliseer. Daar is verskeie fotostate in omloop van die afstammelinge van Pres J.N. Boshoff wat wil hê hy moet van Franse afkoms wees.
Prof Kallie Heese was met Prof TPGH Boshoff van Nederland in verbinding en geen teken van Boshoff's kon in Altona of Bayonne gevind word nie. Ek was self met Prof. TPGH Boshoff in verbinding in 2006 en hy het my verskeie artikels van die "Coldehove" Boshoff's van 1550's gestuur maar nog steeds geen konkrete bewyse nie. Ek het self my Y-DNA gedoen om hierdie kwessie tew probeer oplos, maar geen Boshoff's van Nederland wie nie Suid Afrikaanse wortels het nie, het tot dusver hulle DNA gedoen nie. My haplogroep as 'n Boshoff van Suid Afrika is met terminale SNP's R-1b3c7d5e1f3g wat 'n Noordwes Europese afkoms aandui. Die toetse kan net bepaal waar hedendaagse mense met dieselfde groep hulle bevind - daar is heelwat in Engeland ook, Dit beteken nie dat hy nou van Engelse afkoms is nie - slegs dat dieselfde mense van wie hy afstam na Engeland beweeg het - Die laaste groot beweging van mense van Europa na Engeland was die "Normans" met die Norman conquest van 1056 en hulle was meestal van Celtiese oorsprong. Ek het 'n genetiese "match" met 'n Ierse "Bruton" . Die mense wat in "Britanny" gewoon het was "Bretons" genoem en toe hulle in Engeland gekom het was dit gekorrupteer na "Bruton" en party van hierdie mense het toe die van "Bruton" aangeneem. Ons moet hier in gedagte hou dat vanne eers heelwat later verpligtend geword het - so hierdie "match" is 'n "pre-surname era Match" So Fransman of Hollander - die debat duur voort.
Indien ek Nederlandse Boshoff's kan kry om die toets te doen en hulle weet vanwaar hulle kom en ons "Match" kan ons met sekerheid vasstel waar die Boshoff's vandaan kom.
Het 'n Nederlandse Boshoff gekry om 'n Y-DNA toets te doen en hy was M269 haplogroep maar met meer as 16 mutasies verskil tussen my en hom. Was nie deur FTDNA aangedui as 'n match nie, maar kon duisend jaar vroeër 'n MRCA gehad het. So hy kon wel Frans gewees het of selfs nog Hollands, maar baie verder terug as Willem Hendrik die stamvader. (Die Nederlanders het hulle ontstaan te danke aan die Franke en Germane honderde of duisend jaar voor Willem Hendrik Boshoff, maar ons vraag is vir 1720 AD.spesifiek.) Meer Boshoff's is nodig om 'n Y-DNA toets te doen.