Petrus Hendrik "Pieter Garage" Vermaak - Herstel van Masjiene

Started by Gertina Maria Petronella van der Merwe on Sunday, January 13, 2013

Nico,
Ek weet nie of my ma jou vertel het van die suurstof masjien wat my pa reggemaak het nie. Freddie en Wilma Melville se dogtertjie is met 'n hart probleem gebore en was lank in die Rooikruiskinder hospitaal in Kaapstad. Hulle het toestemming gehad om die dogtertjie huis toe te bring op voorwaarde dat die suurstof masjien te alle tye byderhand is. Dit was gedurende 'n paasnaweek toe Wilma my ma bel en vra of my pa dalk kans sien om te help - die suurstof masjien was stukkend en daar was nerens 'n masjien wat hulle kon leen of gebruik vir die kind nie. My Pa was alreeds ernstig siek maar toe my ma hom vra of hy sal help het hy net gesê: "waarom is hulle nog nie hier nie?" Hulle het die masjien gebring en my pa het dit binne bestek van 30 minute reggemaak. en die dogtertjie se kuier by die huis gered.

Create a free account or login to participate in this discussion